DIE DOVA PROGRAMME

 

EN

 

DUIWE PRODUKTE

 

 

 

 

'n Handleiding vir beide beginner en ervare duiweboere

'n Oorsig van die veld van Duiwegesondheid

 

  • Mediese preperate
  • Byvoedings
  • Skoonmaakmiddels
  • Jaarprogramme vir:
  • Vliegduiwe
  • Broeiduiwe
  • Verveerseisoen
  • Afseisoen

 

DIE DOVA PRODUKTE

Die reeks DOVA PRODUKTE was geformuleer en geregistreer deur Prof Keyser van der Walt, vantevore hoof van die Departement Medisyne op Onderstepoort. Slegs die beste en mees effektiewe bestanddele word gebruik. Met registrasie moet produkte aan streng vereistes voldoen, en kan dit dan sonder 'n voorskrif verkoop word.

 

DIE DOVA MEDIESE PREPARATE

Hierdie produkte is bedoel vir beide vlieg- en sierduiwe. Enige duif presteer op sy beste as hy gesond is. U eie gesonde duiwe kom egter in aanraking met ander duiwe wat siektes onder lede het. Dit gebeur wanneer hulle saamgehok word in mandjies voor wedvlugte en by skoue, of wanneer hulle in kontak kom met nuwe aankope. Dis ideale toestande vir kruisinfeksie. Die voorstel is dus: Behandel u duiwe na sulke situasies, reg aan die begin van die moontlike nuwe infestasie, en voorkom die ontwikkeling van siektes in u trop. Hierdie voorkomende behandeling van die hele trop bespaar later groter koste en tyd. Die prosedure is om aan die begin van die jaar die hele trop te behandel teen al die gewone moontlike probleme wat duiwe kan hê. Daarna word 'n voorkomende jaarprogram gevolg wat hierdie skoon duiwe dwarsdeur die jaar behandel teen infeksies. Sodoende kan die nuwe infeksies wat nog nie sigbaar is of ten volle ontwikkel het nie, betyds gekeer word. Hierdie metode help om die duiwe dwarsdeur die jaar gesond te hou en te verseker dat hulle op hul beste presteer.

Soos met mense, is daar 'n eindelose reeks siektes en probleme waaraan duiwe kan ly. Selfs die beste en duurste behandeling gaan nie verseker dat mens of duif vir ewig leef nie. Deur egter die mees algemene siektes wat 95% van die probleme veroorsaak, te behandel, kan onnodige siektes en vrektes voorkom word.

 

TROPBEHANDELING Dit is wys om een keer per jaar aan die begin van die seisoen die hele trop te behandel. Hier is 'n gedeeltelike lys van die mees algemene mediese probleme en die behandeling daarvan:

Bakteriese infeksies - DOVABIOTIC tablette of vloeistof. Doseer vir 5 dae, een  tablet per dag/duif of 5ml (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe, ook vir 5 dae.

Lintwurm - DOVALINT tablette. Een tablet per duif per kuur.

Rondewurm- DOVAWORM tablette of vloeistof. Doseer vir 1 dag, een  tablet per dag/duif of 5ml (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe.

Coccidiose – DOVASULF. Doseer vir 5 dae, 5ml (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe.

Trichomoniase (kropkanker) – DOVATRIC Doseer dag 1 en dag 4, een tablet per dag/duif, of 5ml (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe, vir 4 dae.

DOVABIOTIC tablette en vloeistof.

Bevat doksisiklien wat 'n resultaat- en koste-effektiewe antibiotika is.

  • DOVABIOTIC word aanbeveel wanneer van die volgende simptome teenwoordig is:
  • “One-eyed cold”
  • “going light”
  • verterings- en asemhalingstelsel probleme
  • neusuitloopsel
  • kreupelheid
  • verlies van balans
  • verlies van aptyt of gewig
  • swak uitbroeibaarheid
  • verlies in babas
  • swak resultate in wedvlugte
    • DOVABIOTIC het 'n baie lang halflewe in die voël, die langste van antibiotikas, nl. 22 uur. Een dosering per dag van DOVABIOTIC is voldoende om terapeutiese bloedvlakke te handhaaf. Ander antibiotikas met kort halflewes moet elke 2 na 8 uur doseer word om te voorkom dat immuun bakterie geteel word.
    • Die spektrum gedek deur DOVABIOTIC is die breedste wat bestaan en 'n wye reeks van bakterie word behandel deur DOVABIOTIC.
    • Dosering is 3-5 tablette, een per dag, vloeistof word doseer vir 3-5 dae, 1 teelepel per liter water vir 40 duiwe.
    • DOVABIOTIC het geen waarneembare newe-effekte nie. Duiwe behou hul kondisie tydens medikasie.
    • Daar is altyd skulpgruis (kalsium) in 'n duif se dieët wat die opname van sekere ander antibiotikas inhibeer maar nie van DOVABIOTIC nie.

 

DOVALINT vloeistof.

Dit bevat niklosamied, wat hoogs effektief is teen lintwurm.

Dovalint, in teenstelling met ander lintwurm produkte, het geen newe effektiewe nie aangesien dit in die maagdermkanaal bly en nie in die liggaam opgeneem word nie. Alleen die lintwurm en nie die duif nie word deur die Dovalint gedood.

Dosering: 1 teelepel vir 40 duiwe in water slegs vir 1 dag.

 

DOVASULF.

Dis vir koksidiose en die aktiewe bestanddeel is sulfadimidine.

Dosering: 5ml (1 teelepel) Dovasulf /liter water vir 40 duiwe, vir 5 dae.

 

DOVATRIC tablette en vloeistof.

Dis vir kropkanker en bevat dimetradisool.

Dosering: 1 tablet op dag 1 en 4, waterdosering is 1 teelepel (5ml/liter water) vir 40 duiwe, vir 4 dae.

 

DOVAWORM tablette en vloeistof.

Dis vir rondewurm en bevat levamisool.

Dosering: 1 tablet op dag 1 en weer 1 tablet op dag 10. Vloeistof behandeling is 5ml per liter water vir 40 duiwe op dag 1 en 10.

            Met Dovaworm behandeling word alle stadia van die wurm, insluitend die eier, gedood. Dovaworm is effektief teen askaris, long en haarwurm. Die wurms veroorsaak wonde in die keel wat ontsteek en slym in die keel en asemhalingprobleme tot gevolg het.

 

DOVAPERAZINE poeier

Dis vir rondewurm en bevat 100% piperazien.

Dosering: 5g (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe vir twee opeenvolgende dae. Dovaperazien is baie effektief teen askaris en rondewurm in die maagdermkanaal. Baie duiweboere doseer  Dovaworm en Dovaperazien alternatiewelik.

 

FURAZOL en FURAZOL Plus 5.

Dis ‘n baie effektiewe produk teen Salmonella Paratifus, E Coli, Coccidiose en Bakteriese Diarrhiee. Dit is ook baie ekonomies in indat dosering is 5gm (een teelepel) op 5 liter water vir 200 duiwe vir 5 dae.

 

BYVOEDINGS

 

VITAMIENE en MINERALE

               Die seisoene van die jaar plaas verskillende eise aan duiwe wat hul voedselbehoeftes aan betref. Omdat duiwe nie hul kos vryelik kan kies soos ander diere in die natuur nie, kan dit gebeur dat sekere tekorte aan vitamienes en minerale kan ontwikkel. Die DOVA vitamien/mineraal/elektroliet byvoedings help om hierdie tekorte aan te vul.

            'n Verskeidenheid voedingselemente is nodig vir elke aspek van 'n duif se groei en ontwikkeling.

Hier is 'n kort oorsig oor van die belangrikste vitamienes en minerale teenwoordig in DOVA byvoedings en die hooffunksies van elkeen:

  • Yster is noodsaaklik vir rooibloedsel vorming.
  • Koper is noodsaaklik vir rooibloedsel vorming.
  • Mangaan bevorder groei, veervorming en spiertonus.
  • Kalsium is noodsaaklik vir spiertonus.
  • Magnesium is nodig vir groei, veervorming en spiertonus.
  • Kalium is nodig vir veervorming en groei.
  • Biotien bevorder veervorming en uitbroeibaarheid.
  • Vit B1 (tiamien) vir eetlus, senu ontwikkeling, vertering, groei.
  • Vit B2 (riboflavien) voorkom misvormde voete, is nodig vir groei.
  • Vit B6 (piridoksien) is nodig vir bloedvorming en help met groei, effektiewe voedselopname en uitbroeibaarheid. .
  • Vit B15 is noodsaaklik vir topfiksheid in wedren voorbereiding
  • Vit A is nodig vir normale ontwikkeling en herstel van die vel en beenvorming, sig en hormoonvorming.
  • Vit D vir beenvorming en metabolisme van kalsium en fosfor.
  • Vit E antioksidant, vrugbaarheid en viriliteit in voëls.
  • Cholien is nodig vir eierproduksie en uitbroeibaarheid.
  • Niasien is nodig vir groei, sterk bene, selgesondheid
  • Pantoteensuur vir metabolisme, hormone en senuwerking.

 

DIE DOVA BYVOEDING PRODUKTE.

In alle gevalle, behalwe wanneer anders aangedui word, is dosering 5g (1 teelepel) per liter water vir 40 duiwe

 

DOVAKALK.  Dit bevat kalsium, fosfaat, Vit A en Vit D. Dit het 'n soortgelyke formulering as Calsuba. Dovakalk is nodig vir broeiduiwe omdat groot hoeveelhede kalsium uit die wyfie onttrek word in die broeiproses. Die proses is as volg. Wanneer 'n wyfie broei, lê sy eiers met 'n dop wat heelwat kalsium bevat. Verder, in die eier is daar die kalsium  waaruit  die  beentjies  van die toekomstige kuiken sal ontwikkel.  Al hierdie kalsium kom uit die liggaam van die wyfie. Met herhaaldelike broei,  word die normale reserwes van o.a. kalsium in die wyfie uitgeput. Wat nou gebeur is dat latere broeisels se eierdoppe te dun en bros kan wees met gevolglike swak uitbroeibaarheid. Die kalsium in die eiergeel kan te min wees wat swak beentjies in kuikens tot gevolg het. Die wyfie self, vir die voortbestaan van haar ras, onttrek kalsium uit haar sisteem en uit haar eie beenstruktuur om aan die behoeftes van die kuikens te voldoen. Sy self word so gestres in hierdie proses dat haar lewe verkort kan word. Die produktiewe lewe van 'n duif kan verleng word deur die verskaffing van die korrekte byvoeding en kalsiumaanvulling is baie keer die oplossing. Dit kan gedoen word deur drie keer per week gedurende die broeiseison 1 eetlepel DOVAKALK aan 40 duiwe te voer, of in die water of verkieslik saam met voedsel.

            Daar moet ook dwarsdeur die jaar een keer per week aan die hele trop, Dovakalk doseer word, 5g (1 teelepel) per liter water of saam met voedsel, vir 40 duiwe.

 

DOVAMOULT met Biotien, Metionien, Lisien, Koper, Mangaan en Dekstrose.  Die vere maak die voël. Veerkwaliteit van beide die kuikens en voëls wat verveer kan verhoog word deur die voorsiening van die nodige swael bevattende aminosure en spoorelemente wat vereis word vir veervorming. Hierdie elemente is teenwoordig in Dovamoult.

Dosering: Gedurende die broei- en verveerseison word Dovamoult elke tweede dag voorsien in die water, 1 teelepel /liter water vir 40 duiwe.

 

DOVASTRESS. Bevat Vit A, Vit D3, Vit E, Vit B1, Vit B2, Vit B6, Vit B12, Vit C, D-pantoteensuur, Na+, K+.

Dovastress is 'n vitamien/elektroliet byvoeding vir tye wanneer duiwe aan spanning blootgestel is soos:

  • gedurende tye wanneer  medisyne doseer word
  • ontwurming
  • die speenperiode
  • ververing
  • na wedvlugte
  • met temperatuur skommelings
  • verandering van omgewing

Dosering: 5ml per liter water vir 40 duiwe.

 

DOVAWIN. Bevat Vit B15, Vit B1, Vit B6, Vit E, Lisien, Vit B12, Metionien en Cholien.

Dit is 'n groep minerale en vitamiene, insluitende vitamien B15, vir topfiksheid in langafstand wedrenvoorbereiding. 

            Dosering hiervan begin drie weke voor die wedvlug seisoen begin sodat die duiwe fiks kan word. DOVAWIN veroorsaak dat die liggaam die bloedlaktaat wat gevorm word met oefening, maklik en vinnig verwyder. Bloedlaktaat (melksuur) is die chemikalie wat veroorsaak dat die spiere seer word met oefening. In navorsing is die tydsduur gevind waar 'n dier totale uitputting bereik. By hierdie vlak is die verhoging van bloedlaktaat ongeveer 46%. Indien Vit B15 gebruik word, is die verhoging van bloedlaktaat vir dieselfde tydsduur van strawwe oefening slegs 12%. Op 'n langafstand wedren beteken dit dat 'n duif met Vit B15 veel verder sal vlieg voor hy moeg raak as 'n ewe goeie duif sonder Vit B15. Die duif sonder Vit B15 moet rus agv vermoeienis en staan waardevolle tyd af aan sy teëstander. Die Vit B15 duif wen dus die wedvlug.

Dosering is 5g (een teelepel) DOVAWIN op een liter water vir 40 duiwe, Maandag tot Woensdag gedurende die wedvlugseisoen. Begin dosering wanneer begin word met die voorbereiding vir die wedvlugte.

 

DOVAYEAST. Bevat Kalsium, Fosfor, Vit B1, Vit B6, Ribovlavien, Pantoteensuur, Niasien, Koper, Mangaan en Kobalt.

            Dit verskaf die noodsaaklike B reeks vitamienes. Beskikbaar in poeier en tablet vorm.

Dosering: maak kos klam met water of Garlic Oil en meng dit met 'n eetlepel Dovayeast vir 40 duiwe, twee keer per week.

 

DIATOMS.  Dit is fosiel-geraamtes van mikroskopiese enkelsellige diere. Dit bestaan uit skerp partikels wat die vermoee het om eksterne parasiete en insekte soos veervliee en veerluise se eksoskelette stukkend te sny. Die parasiete dehidrieer en vrek. Indien Diatome intern geneem word, is dit ‘n effektiewe teenmiddel teen interne parasiete soos die verskillende vorms van wurms wat in die maagderm kanaal gevind word. Dit het ook die gevolg dat met gereelde gebruik, dit die noodsaak van die gebruik van antibiotika verminder en uiteindelik elimineer.

Dit kan deurlopend deur die jaar gebruik word deur dit met kos te vermeng in die verhouding van 2% diatome tot 100% kos.

 

DOVAPERAZINE 40. Dit bevat Vit A, B12, C, D, E, Foliensuur, Pantoteensuur, Swael, Tiamien, Riboflavien, Niasien, Piridoksien, Kalsium, Magnesium, Natrium, Chloried, Koper, Mangaan, Zink en Kobalt. Dis nodig vir die gesondheid van duiwe gedurende periodes van spanning, tydens ververing, en vir weerstand teen die gevolge van ooreising, veral gedurende wedvlugte.

Dosering: 1 teelepel per liter water vir 40 duiwe, 1 keer per week.

 

DOVA EB12.

Dit is ‘n multivitamien en aminosuur produk wat 2 keer dwarsdeur die jaar doseer kan word.

DOVA VIROTEM. Bevat 20% vitamien C en ook vitamien E. Dit is ‘n antioksidant en 'n teenvoeter vir spanning en bou weerstand op veral teen aanvalle van virusse en bakterie.

Dosering: 1 teelepel per liter water vir 40 duiwe, 1 keer per week.

 

VITAMIEN E. Dis vir vrugbaarheid en viriliteit by duiwe.

Dosering: 1 teelepel per liter water vir 40 duiwe, 2 keer per week.

 

DOVA SOUTE. 'n Elektroliet byvoeding 1 keer/week heel jaar.

Dosering: 1 teelepel per liter water vir 40 duiwe.

 

GARLIC OIL Daar is bewyse dat knoffel 'n reeks positiewe eienskappe het. Dit sluit o.a. die volgende in:

  • Aptyt stimulant,
  • Antibiotika
  • Verminder interne en eksterne parasiete
  • Bevorder veervorming.

Dosering Garlic Oil: 1 teelepel gemeng in kos vir 40 duiwe een keer per week.

 

DOVATROY. Dit bevat Vit B15, Vit B1, Vit B2, Vit B6, Vit B12, Nicotien suur, Kalsium glukonaat en dekstrose.

            Dis 'n produk wat baie soortgelyk is aan DOVAWIN hierbo, en is bedoel vir uithouvermoë op lang vlugte.

Dosering:1 teelepel op 8 liter water, Maandae tot Woensdae voor wedvlugte. Begin dosering met aanvang van die voorbereiding vir wedvlugte.

 

SPIRULINA

Spirulina is 'n blougroen alg wat al vir eeue lank gebruik word as 'n hoe-protein en energie voedsel.

Dit bevat ongeveer 70% proteine, het 15 verskillende vitamienes en 16 minerale, van hulle skaars maar noodsaaklike spoorelemente.

Die gebruik van spirulina verhoog die fertiliteit en viruliteit van voëls dramaties.

 

Vrugbaarheid

Enkele voorbeelde sal die punt illustreer.

'n Voëlboer het 'n paar Rare Coloured Ringnecks gekoop vir R25000. Hierdie voëls het gebroei, drie keer na mekaar in die een seisoen 9 eiers gelê. Ander voëls moes help met die uitbroei maar al 27 eiers het uitgebroei en die 27 voëls is teen R10,000 stuk verkoop.

Dieselfde storie, die keer Galahs, wat 21 babas in een seisoen gelewer het.

Die Electus spesies lê 2 eiers, baie selde 3, op 'n keer. 'n Paar wat wat met spirulina gevoer is, het 6 eiers op 'n keer gelê.

'n Voëlboer het 16 babas van een paar Scarlet Macaws in een seisoen grootgemaak.

Immuniteit

Spirulina bevat 'n groot aantal anti-oksidante wat beteken dat vreemde invallers in die bloedstelsel aangeval en uitgewerk word en die immuun sisteem versterk.

Navorsing op mense toon dat spirolina verminder cholestrol, inhibeer die ontwikkeling van mond- en servikale kankerselle en reguleer beenmurgstamsel produksie van rooi bloed liggame.

Bestanddele

Die volgende indrukwekkende lys van bestanddele is in spirulina:

Vitamiene: Vit  A, B1, Beta Carotene, B2, Vit C, B3, Vit D, B6, Vit E, Folate, Vit K, B12, Biotin, Pantothenic Acid, Inositol

Minerale: Kalsium, Mangaan, Yster, Chroom cg, Fosfor, Molybdenum, Jodium, Chloried, Magnesium, Natrium, Zinc, Kalium, Selenium, Germanium, Koper en Boron. Verder bevat dit natuurlike Pigment Phytonutriente, Carotenoids, natuurlike Phytonutrients, Polisakkarides, Koolhidrate, Suiker en Amino Sure. Spirulina kan met kos gemeng word Die produk moet nie aan lig blootgestel word nie.

Dosering poeier: Een gelyk teelepel (1 gram) per kilogram kos dwarsdeur die jaar.

Dosering tablette: Een tablet per duif elke vierde dag.

 

RESEP VIR BYVOEDING. Die volgende vier byvoedings kan saam toegedien word. Maak 'n stroop van 2 eetlepels suiker in 2 koppies kookwater en laat afkoel.  Een teelepel van DOVAMOULT, DOVAKALK, VITAMIEN B12 en DOVAYEAST kan in die water gemeng word en oor 2 kg kos, soos growwe hawermout, aan 40 duiwe gegee word.

 

SKOONMAAKMIDDELS

Ontsmetting van die hok is belangrik. Dit moet maandeliks gedoen word om infeksie (of herinfeksie) vanaf materiaal op die grond of deur die kos- of waterbakke te voorkom.

 

DOVINE

5% Povidoon Jodium Dit is een van die mees effektiewe en terselfdertyd veiligste ontsmettingsmiddels aan die wetenskap bekend. Dit is effektief teen die volgende peste:

Bakterie - veroorsaak paratifus en bakteriese infeksies

Virusse - veroorsaak pokkies

Wurmeiers - herinfesteer skoon behandelde duiwe

Mikoplasmas - veroorsaak verkoues

Chlamidia - veroorsaak ornitose. Dit is 'n ernstige siekte wat oorgedra kan word aan, en dodelik kan wees vir, mense

Protosoë- veroorsaak trichomoniase en koksidiose

Swamme - veroorsaak aspergilose

Dovine dood binne minute op kontak, bly effektief by aanhoudendende gebruik en is veilig vir mense en voëls.

Dosering: 40ml Dovine per liter water, spuit hok maandeliks en laat droog word. Vee waterbakke daagliks uit met 'n lappie wat gedoop is in 'n Dovine mengsel.

 

DOVASPRAY

Die aktiewe bestanddeel is karbariel 85%.

Dit beheer bosluise, duiwevlieë, vlooie en rooi- en veermyte. Dosering: Maak 15g (3 gehoopte teelepels) in 'n pasta met bietjie water, voeg by 1 liter water. Spuit hok gereeld en doop duiwe.

 

DOVASTOF 

Die aktiewe bestanddeel is karbariel 5%.

Dit beheer bosluise, duiwevlieë, vlooie en rooi- en veermyte.

Dosering: Bestuif hok en duiwe deeglik. In broeiseisoen, strooi Dovastof in en om neste om insekte te voorkom en te dood.

 

ALGEMENE RESEP VIR BYVOEDING. Die volgende vier byvoedings kan saam toegedien word. Maak 'n stroop van 2 eetlepels suiker in 2 koppies kookwater en laat afkoel.  Een teelepel van DOVAMOULT, DOVAKALK, VITAMIEN B12 en DOVAYEAST kan in die water gemeng word en oor 2 kg kos, soos growwe hawermout, aan 40 duiwe gegee word.

 

VOORKOM DIE INVOER VAN SIEKTES

Daar is 'n konstante bedreiging van die invoer van siektes na die hokke deur wedvlugduiwe wat in mandjies besmet raak, deur nuwe aankope en deur duiwe wat van skoue terugkeer. 'n Duiwehok moet 'n kwarentynarea hê van klein, individueel afgesonderde kompartemente met eie kos- en watervoorsiening wat daagliks skoongemaak en twee maal per week met DOVINE ontsmet word.

 

DIE DRIE WEKE PROGRAM

Die doel van die program is om 'n siektevrye trop daar te stel. 'n Kort en kragtige wyse om die hele trop in enkele weke te doseer teen moontlike besmettings is as volg:

Na elkeen van die verskillende behandelings hieronder moet duiwe met Dovastress in die drinkwater voorsien word vir 'n volle dag. Dosering is een teelepel (5g) Dovastress by een liter drinkwater, voldoende vir 40 duiwe. Wanneer hierdie water op is, vervang met skoon water. Indien egter met vloeistof behandel word, (DOVABIOTIC, DOVATRIC, DOVASULF, DOVAWORM), moet duiwe na die een dag Dovastress behandeling, geen verdere medisyne of vitamienes ontvang vir 48 uur nie, slegs absolute skoon, onbehandelde water

 

DAG 1-4: Behandel met DOVABIOTIC tablette of vloeistof. Een tablet per duif, of 1 teelepel water per liter vir 40 duiwe

DAG 5-6: Geen behandeling

DAG 7: Behandel met DOVATRIC tablette (1 tablet) of vloeistof.

DAG 8-9: Geen behandeling

DAG 10: Doseer weer 1 DOVATRIC tablet

DAG 11-12: Geen behandeling

DAG 13: Behandel met 1 tablet DOVALINT

DAG 14-15: Geen behandeling

DAG 16: Behandel dors voëls wat die vorige dag laas water gehad het, met DOVAWORM, 1 tablet of vloeistof. Behandel vir 1 dag, herhaal na 10 dae

DAG 17-18: Geen behandeling

DAG 19-23: Behandel met DOVASULF vir 5 dae, 1 teelepel/liter vir 40 duiwe

 

SLYM IN DIE KEEL Hierdie toestand is die mees algemene siekte probleem wat duiwe kan ondervind. Dit is die gevolg van verskeie moontlike oorsake, en is eintlik simptome. Oorsake kan wees bakteriese besmettings, rondewurm bestmettings en kropkanker.